• Home
  • Afstand Ondersteuning
  • Blog
  • Terugvoer
  • Meer oor My
  • Kontak
"....Ek beveel Mariana met die grootste liefde aan.  Sy was in 2012 my Personal Trainer en Weightwatchers Team Leader.  Ek het oor die 30 kg verloor.  As dit nie vir haar was nie, sou ek nie die paal gehaal het nie.  Sy ondersteun my vandag nog.  Ek is op Goal Weight en Maintain nou net.  
Een ding wat jy my geleer het, wat ek nog elke liewe dag in my lewe toepas...Dis die klein verskilletjies wat die groot verskil maak.  I salute you...." Atél
Picture
...Jy was die beste voorbeeld, die lig wat almal gelok het.  Die glue wat ons gemotiveer het om die heel beste uit ons te kry.  En weet jy tot vandag bly ons dit doen oor jou.  'n Yster vrou, one in a million.  Nog nie weer iemand soos jy ontmoet .  Ek kan net dankie sê vir jou..   Silvia

...Thank you, Mariana, for always being my Roll Model...  Atel

​...Ek het Mariana leer ken in Januarie 2013.  Sy is 'n besonderse mens op twee pragtige bene.  Nie net bereik sy resultate met haar oefenwyse vir die ingeskrewe lede van haar gym nie, maar die wyse waarop sy mense inspireer en motiveer skep 'n groot lewensinspirasie wat haar lewenstyl beklemtoon.  Om elke oggend op te staan vir 'n vroegoggend klas was maklik want die klasse was altyd op 'n positiewe en interessante manier aangebid.  Pret en lag het dit amper soos 'n "kuier" laat voel alhoewel daar deeglik en hard gewerk is.....Sy het 'n fyn aanvoeling vir mense en hulle behoeftes en haar sensitiwiteit maak dit maklik om 'n pad met haar te stap en te vertrou in al jou pogings.... Rencia

...om dankbaarheid aan jou te beskryf is die woorde nie genoeg nie  ..my lewe, postuur en selfbeeld het weer begin leef... dokters en medikasie help solank mens dit gebruik, maar jou kennis en leiding verander mens se lewe in totaliteit...ek is 12 kg ligter...vir jou is daar geen onderskeid nie, jy behandel almal met soveel passie en liefde...jy het die vermoë om so professioneel te wees maar steeds elke individu spesiaal te laat voel...jou leuse is onvoorwaardelik waar, daar is geen maklike of vinnige wyse na 'n beter jy, dis 'n leefwyse...Karen

.....enige een wat dalk wonder of  oorweeg om by Mariana te begin oefen, lees eers hier...ek is 'n self-erkende kultuur dier...met geen/niks belangstelling in enige sport of oefen van enige aard...ek het van Mariana gehoor en haar geskakel om te hoor of sy sou kans sien om my te help...vanaf die eerste dag is ek geraak oor hoe aansteeklik haar aanmoediging en motivering is...ek het twee keer per week ge-oefen en die lekkerste was om na 'n paar maande resultate te sien...ek het 'n derde baba ryker geword en Mariana het gedurende my swangerskap my oefenprogram aangepas en my ook gehelp om my gewig te monitor...dit was vir my ironies dat ek agtergekom het dat ek gedurende die laaste ruk van my swangerskap agter gekom het dat ek my oefentyd mis...die eienskap wat ek die meeste in Mariana bewonder en waardeer is haar optimisme en die feit dt sy my altyd aangemoedig het....haar woorde was altyd eerder 'n oplossing vir wat gaan mens nou doen...ek glo dat sy vir enige persoon wat wil oefen 'n aanwins is... Zine


Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Home
  • Afstand Ondersteuning
  • Blog
  • Terugvoer
  • Meer oor My
  • Kontak