• Home
  • Afstand Ondersteuning
  • Blog
  • Terugvoer
  • Meer oor My
  • Kontak

Twee Onsigbare Opponente

10/20/2020

0 Comments

 
Baie vrouens kry vroeg in hulle lewe reeds te doen met die twee onsigbare opponente. Op een skouer sit die voorstander van “ ek wil eet wat ek wil, wanneer ek wil” en op die ander skouer sit die voorstander van “ ek wil goed voel en goed lyk”. Die gedurige mededinging tussen die twee om 'n plek, lei tot die ontstaan van “yo-yo” diēte wat 'n groot deel van mense se lewensvreugde steel. Maak vandag 'n keuse om van een opponent ontslae te raak, en die ander een ten volle te ondersteun. As mens kies om gewig te verloor en 'n kleiner nommer klere te dra, moet jy 'n kopskuif maak om permanente leefstylveranderinge te maak.  
0 Comments

"Habit Keeps You Going"

10/18/2020

0 Comments

 
In die boek The Wellspring Weight Loss Plan deur Daniel S. Kirschenbaum, noem hy verskillende fases van suksesvolle gewigsverlies.
Die eerste fase van gewigsverlies noem hy die “Honeymoon” fase. Mense in hierdie fase is positief en opgewonde om dit aan te pak. Volgens hom is mense in hierdie fase gemotiveerd en lees en praat baie oor gewigsverlies. Hierdie fase kan verbygaan en oorsit in frustrasie indien mens nie die in ag neem dat volgehoue gewigsverlies permanente leefstylveranderinge verg nie.
Wat mens egter in gedagte moet hou is dat wanneer mens 'n eetprogram of gewigsverlies program aanpak, moet dit volhoubaar wees. Baie eetplanne los die simptoom vir 'n rukkie op, maar nie die oorsaak nie. Dit is dus belangrik om iets aan te pak wat langtermyn resultate lewer. En om verder ook te aanvaar dat wat aanvanklik opgewondenheid veroorsaak, verg deursettingsvermoë en dryfkrag om dit volhoubaar te maak.
​

Kirschenbaum, Daniel S., The Wellspring Weight Loss Plan, Benbella Books, 2011
0 Comments

Wees Emosioneel Sterk

4/14/2020

0 Comments

 
Transformasie van jou lyf en leefstyl verg meer as net geesdrif.  Wanneer mens 'n nuwe leefstyl, oefenprogram of eetprogram aanpak, is meeste mense opgewonde en gemotiveerd.  Hierdie is soos 'n wittebroodsfase, jy lees op oor die onderwerp, praat gereeld hier oor, koop die regte kos en oefen gereeld.  
0 Comments

Verander Jou Denke

4/9/2020

0 Comments

 
In 'n dagstukkie uit die boek Kom na My toe..net soos jy is van Milanie Vosloo, gebruik sy die mooi voorbeeld dat 'n katjiepiering die vermoë het om 'n hele vertrek met sy aangename geur te vul, terwyl 'n asdrom dieselfde vermoë het om die teenoorgestelde reg te kry.
Gedagtes dryf emosies, dryf optrede en dit dryf die resultate wat jy behaal.
As mens sukses wil behaal met iets wat jy wil aanpak, moet jy begin deur jou gedagtes in die regte rigting te stuur.
Indien mens sou besluit om 'n gewigsverlies program aan te pak, en jy bly dink oor al jou mislukte pogings van die verlede, is jou kanse goed dat hierdie kans ook gaan misluk.
Positiewe gedagtes lei daartoe dat jy vertroue het in jouself en wat jy doen en dit lewer 'n positiewe uitkoms.
  • Vosloo, M.  Kom na My toe...Net soos jy is. Christelike Uitgewermaatskapy. 2012
0 Comments

    Author

    Write something about yourself. No need to be fancy, just an overview.

    Archives

    October 2020
    April 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Home
  • Afstand Ondersteuning
  • Blog
  • Terugvoer
  • Meer oor My
  • Kontak