• Home
  • Afstand Ondersteuning
  • Blog
  • Terugvoer
  • Meer oor My
  • Kontak

AFSTAND ONDERSTEUNING /
ONLINE
​TRAINING

Voel jy moedeloos en sonder rigting met jou gewig? 
"Online Training" is 'n manier om nuwe doelwitte vas te stel, iemand aan wie jy verantwoording doen en iemand wat jou bystaan met jou oefenprogram in die gemak van jou eie huis.

Gesonde en Natuurlike Metode van Leefstylverandering

  • Oefen
  • Eet volgens Normale Patroon met Porsie beheer
  • Verander Gewoontes
  • Geen Pille

Is Aanlyn Persoonlike Afrigting Effektief?

Sommige persone kan op hulle eie oefen sonder ondersteuning terwyl ander mense die ondersteuning van 'n persoonlike afrigter verkies. Hoe effektief oefening, persoonlike afrigting of persoonlike afrigting oor afstand gaan wees word grootliks bepaal deur die ingesteldheid  van die persoon wat die oefening doen.  Of jy in 'n gym oefen of by jou huis, berus dit by jou om die besluit te neem om toegewyd te wees en by die gym uit te kom, jou afspraak met jou afrigter na te kom of om op 'n spesifieke tyd met jou oefenprogram by jou huis te begin.  Die belangrikste faktor hier is om 'n roetine vas te stel, soos enige van jou ander daaglikse roetines en daarby te hou, mits iets onvoorsiens jou verhoed.

Wat wil Jy bereik met Jou Oefenprogram?

Wil jy jou leefstyl verander en gewig verloor, aan kompetisies deelneem of verbeter in 'n spesifieke sportsoort?  Vind 'n afrigter wat spesialiseer in die rigting waarin jy wil beweeg.

Voordele van Aanlyning Ondersteuning

1.  Koste Effektief

Dit is goedkoper as "one on one training".  Verdere besparing behels dat jy dit in jou huis kan doen, met wat jy beskikbaar het.

2. Orals Beskikbaar

Sou jy byvoorbeeld op 'n klein dorpie of 'n plaas bly, kan jy ook toegang h​ê tot persoonlike afrigter.

3. Toegang tot Professionele Advies

Kies 'n afrigter wat spesialiseer in die rigting waar jou behoefte is.  'n Afrigter wat spesialiseer in 'n rigting, is gewoonlik passievol oor die rigting waarin hulle spesialiseer. en win baie kennis in oor die spesifieke rigting.

4.  Aanspreeklik

Iemand wat jou aanpsreeklik hou vir die doelwitte wat jy vir jouself gestel het.  Gereelde kommuninikasie tussen jou en jou afrigter hou jou aanspreeklik en verantwoordelik.  Aanlyn afrigting vereis dat jy gereeld jou kalender moet opdateer.  Oefenprogramme kan as afgehandel aangeteken word op jou kalender. Opdatering van jou kakender gee jou afrigter die nodige inligting om positiewe terugvoer en ondersteuning te kan gee.

Submit
Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Home
  • Afstand Ondersteuning
  • Blog
  • Terugvoer
  • Meer oor My
  • Kontak